Nou ja, gepak en gery. Maar die meisies pak nie lig nie, en padkos is n noodsaaklikheid soos wat ek nog nooit besef het nie! Dus, die bakkie en die waentjie is GELAAI! Daar is nog iets wat ek agter gekom het - die mens n vrees om sonder toiletpapier gevang word. Elkeen het met n allemintige pak aangekom, met die gevolg die bakkie sekerlik helfte net witgoud is!
Dis was maar n lang rit, en ons het net voor donker by ons kamp plek uitgekom by Groot Marico. Eers het die gasheer ons so bietjie geirriteer, omdat hy heeltyd wil gesels. Later het hy egter n bottel mampoer of 2 uitgehaal, en toe gaan die kuier sommer beter. Nee, dit is nie so erg nie, maar tog was dit n interessante aand.
Nog n ding wat ons geleer het - tradisionele mampoer is n ander woord vir onwettige mampoer, maar wat my aanbetref - hulle smaak almal dieselfde. Groot Mariko is ook net so koud soos Bloem in die aande, so n bed is n welkome ding!
More oggend 6uur uit die vere, sodat ons kan oppak, en betyds kan wees om die grensmanne nog lekker vars en vrolik te kan vang!
Hoe die konneksies in Botswana gaan wees, weet ons nie, dus sal ons maar sien wanneer ons weer kan opgaan en opdateer...
Groete!
No comments:
Post a Comment